Lauryn Hill se sesde kind gebore
2011-07-26 20:56
Los Angeles – Die sangeres Lauryn Hill het Saterdag geboorte geskenk aan haar sesde kind.
Hill, wat reeds vyf kinders, Zion David-Nesta (13), Selah (12), Joshua (9), John (7) en Sarah (3) saam met haar aan en af lewensmaat, Rohan Marley, het, het aan 'n babaseun geboorte geskenk.
Alhoewel die baba met sy naelstring om sy nek gebore is, sterk Hill en die baba goed aan.
Marley, wat voorheen bekend gemaak het dat hy nie die pa van Hill se sesde kind is nie, het glo ‘n nuwe meisie, die Brasiliaanse model Isabeli Fontana.
Hy het egter Sondag op Twitter gesê dat niks skort met sy verhouding met Hill nie.
“Ons verhouding is iets wat ons nie van ander mense verwag, wat skinderstories vir ‘n lewe versprei, om te verstaan nie."
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.