Laurika Rauch en Mannetjies Roux by Super 15 te sien
2011-02-18 15:01
Kaapstad - Die rugby-legende Mannetjies Roux en Laurika Rauch, gaan Saterdag 19 Maart tydens die Super 15-derby-wedstryd tussen die Vodacom Blou Bulle en die DHL Stormers op Loftus sing.
Dis 'n spesiale bederf vir rugby-aanhangers, en terselfdertyd die bekendstelling van hul musiekblyspel, Stuur groete aan Mannetjies Roux, wat in Mei vanjaar in die Atterbury-teater in Pretoria open.
Laurika speel die hoofrol in die produksie. Mannetjies Roux se Groot Drie was die inspirasie vir die liedjie en nou ook die teaterproduksie, en SARIE is die tydskrif-mediavennoot.
- Vir die volledige storie besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.