Lauren Hill is moeg vir haar eie liedjies
2011-01-19 22:00
Los Angeles – Lauren Hill het haar aanhangers teleurgestel tydens haar mees onlangse toer toe sy al haar liedjies anders begin sing het.
Sy was ook blykbaar gereeld drie ure laat vir haar optredes.
By ‘n opvoering in Atlanta, het dié sangeres, wat bekend geword het vir liedjies soos “Everything is Everything”, gesê dat sy moeg is daarvoor om aand na aand dieselfde liedjies te sing.
Gevolglik het sy nuwe weergawes van al haar ou gunstelinge aangebied.
Tog het sy aangedring daarop dat die gehoor moet saamsing.
“Niemand kon saamsing nie, want niemand het die musiek geken nie!” het ‘n ontevrede aanhanger vir SandraRose.com gesê.
“Almal het net rondgekyk en gevra: watse liedjie is dié?”
“Mens kan mos nie net sê ek’s nou moeg om my musiek elke aand te speel nie.
“Dis waarvoor ons betaal het!”
Volg Nuus24 op Twitter.