Lank lewe die kookwater Parlotones!
2011-02-07 17:00
Kaapstad - Die Suid-Afrikaanse musiekgroep The Parlotones is wêreldbekend maar hulle raak steeds opgewonde en senuweeagtig voor elke konsert.
"Ons tree jaarliks by ongeveer 300 konserte regoor die wêreld op, maar tog raak ons nogsteeds opgewonde en senuweeagtig voor elke konsert," vertel Kahn Morbee, een van die lede van die groep.
Oor hul nuwe album het Kahn Morbee die volgende te sê gehad: "Die nuwe album, Life Design, gaan alles oor menslike ervarings, en laat jou met hoop en hopelik opgewondenheid.
"Dit was vir ons 'n baie lekker proses waardeur ons moes gaan om die album op te neem, want ons het as musikante gegroei en jy raak net altyd beter soos wat jy musiek skryf en opneem."
- Vir die volledige storie besoek Jip.
- Volg Nuus24 op Twitter.