Lady Gaga wou nie Christen-geloof aanval
2011-05-06 12:36
Los Angeles – Lady Gaga het teruggekap oor die geloofsaspekte rakende haar musiekvideo vir haar nuutste album Judas.
Gaga hou vol sy wou nie die Christen-geloof aanval nie.
In die video vertolk Gaga die rol van Maria Magdalena, wat in ‘n liefdesdriehoek met Jesus en sy verraaier, Judas, vasgevang is. Jesus se dissipels word deur motorfietsryers in leeruitrustings uitgebeeld.
Gaga, ‘n Katoliek, sê sy wou nooit enigeen aanval met die gebruik van die geloof nie.
“Ek respekteer en is lief vir almal se gelowe. Ek is self ‘n gelowige en spirituele mens wat gefassineer is deur geestelike kuns,” het sy gesê.
- Contact Music.
- Volg Nuus24 op Twitter.