Lady Gaga vertel van eetversteuring
2012-02-10 15:10
Los Angeles – Die popsensasie Lady Gaga het bekendgemaak dat sy aan bulimie gely het.
Gaga sê sy het haarself na maaltye met haar familie naar gemaak sodat sy haar kurwes kon verloor en 'n "maer klein ballerina kon wees".
"Ek het gedurende my hoërskoolloopbaan baie gebraak. So ek is nie iemand met baie selfvertroue nie. Ek wou 'n klein, maer ballerina wees, maar ek was 'n wulpse Italiaanse meisie wie se pa elke aand frikkadelle op die tafel gehad het.
"Dit is baie moeilik, maar jy moet met iemand daaroor praat."
Gaga erken die eetversteuring het haar stem beskadig – en dis juis as gevolg van dié faktor wat sy haar probleem oorkom het.
Die eksentrieke sangeres het gesê sy is steeds bekommerd oor haar gewig maar het jongmeisies aangemoedig om nie so behep met hul liggame te wees nie.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.