Lady Gaga sê tatoeërmerke bly
2009-08-10 15:35
Suid-Korea - Lady Gaga mag dalk afskaal op haar gewaagde uitrustings, maar volgens die popsangeres sal twee dinge nooit verdwyn nie, naamlik haar tattoëermerke en haar strikdas-uitrustings.
Die 23-jarige ster het haar nuutse tattoëermerk by ‘n onlangse vertoning in Seoel vertoon tydens haar "Fame Ball" toer.
“Die merk lees: ‘In die donkerste uur van die nag, moet jy eerlik wees met jouself en erken dat jy eerder sal doodgaan indien jy belet word om te skryf'," het sy verduidelik.
"En kyk diep binne jou hart vanwaar die wortels van die antwoorde geskiet en vra jouself, moet ek skryf?’,” het sy bygevoeg.
Dié Duitse woorde kom van die digter Rainer Maria Rilke af, Lady Gaga se "gunsteling filosoof"
- Sapa-AFP