Lady Gaga se eerste CD's onder die hamer
2010-10-08 03:33
New York – Ongepubliseerde Gaga-liedjies, handgeskrewe lirieke deur Paul McCartney en kledingstukke van Prinses Diana en Elvis Presley, is onder andere dié maand op 'n aanlyn-veiling beskikbaar.
Na verwagte sal Paul McCartney se handgeskrewe lirieke van Maxwell's Silver Hammer van die Beatles se Abbey Road Album, die topverkoper wees.
Vir dié item, het jy ten minste R1.4 miljoen nodig.
Ander gesogde Beatles-memorabilia, soos ‘n getekende, handgeskrewe brief deur Phil Spector, die musiekvervaardiger, is effe goedkoper.
Met 'n skamele R700, kan jy jou bod insit.
Verder het Lady Gaga se eerste musiekvervaardiger 'n paar CD's, party deur die omstrede ster geteken, op die veiling beskikbaar gestel.
Michael Jackson se kristal-bedekte helm van sy 1981 Triumph-toer en James Brown se oorspronklike, getekende 1987 VSA paspoort, sal ook van die 6de tot die 15de Oktober by www.gottahaverockandroll.com op veiling gaan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters