Lady Gaga nou ‘n kursus op kampus
2010-11-17 14:46
Charleston – Die opspraakwekkende sangsensasie Lady Gaga het reeds ‘n trofeekas vol toekennings en nou kan sy ‘n nuwe eer tot haar naam byvoeg.
Dít kom nadat die universiteit van South Carolina besluit het om ‘n kursus aan te bied wat spesifiek op die prinses van vreemdheid gefokus sal wees.
Die kursus, getiteld Lady Gaga and the sociology of fame, sal vanaf 2011 aangebied word en het reeds ‘n hele paar studente op kampus aan die gons.
“Lady Gaga en haar gewildheid is relevant as ‘n studie in populêre kultuur en die sosiale toestande van die vermaakliheidsbedryf,” het Matthieu Deflem, wat die kursus sal aanbied, gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.