Lady Gaga, kreatiewe direkteur kry stry
2011-11-15 13:50
Los Angeles – Lady Gaga en Laurieann Gibson, haar kreatiewe direkteur van die afgelope paar jaar, se paadjies het geskei.
Gaga en Gibson het al voor die "Bad Romance"-sangeres bekend geword het, saamgewerk.
Hul paadjies het glo geskei weens ‘n hele paar kreatiewe verskille oor die afgelope jaar.
Gibson, wat saam met Gaga aan haar musiekvideo vir die liedjie "Judas" gewerk het, het gesê hulle kon byvoorbeeld nie oor dié video saamstem nie.
"Na die derde glas wyn het ek gesê ek wil nie hê die weerlig moet my slaan nie. Ek glo in die evangelie en ek gaan dít nie doen nie," het Gibson gesê.
Gemoedere het glo ook hoog geloop op die stel van Gaga se "You and I"-video en hul kreatiewe verhouding het ‘n paar weke daarna tot ‘n einde gekom.
‘n Woordvoerder het bevestig Gibson is nie meer Gaga se kreatiewe direkteur nie, maar wou nie verdere inligting gee nie.
‘n Bron het aan MediaTakeOut.com gesê dié twee het baie woordewisselings gehad.
“Laurieann het die telefoon in Gaga se oor neergesit en gesê sy gaan haar dagvaar.”
'n Ander assistent van Gaga, Richard Jackson, behartig nou die choreografie vir haar nuwe video.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.