Lady Gaga bid eerder tot vroue
2011-05-27 22:00
VSA – Lady Gaga bid net tot vroue.
Die Judas-sanger het baie godsdienstig grootgeword en terwyl sy geleer is om Jesus en God te aanbid, het Lady Gaga dit verkies om voor vroue die knie te buig, aangesien sy nog altyd ‘n feminis was.
“Toe ek jonk was en na ‘n Katolieke meisieskool gegaan het, is daar vir ons gesê dat ons tot Jesus en God moet bid, maar ek bid nog altyd tot vroue,” het die sanger aan Popjustice gesê.
“Ek het nog altyd tot ‘n meer vroulike krag in my lewe gebid en ek het God nog nooit gesien as iemand met ‘n spesifieke geslag nie.
“Ek bid nog altyd tot Moeder Maria of Maria Magdalena, of tot my pa se suster Joanne, wat dood is toe ek ‘n kind was. Ek het haar nog altyd gesien as ‘n engel in die huis van die Koninkryk, waar sy saam met God werk. Jy weet, sy kyk oor my.”
Gaga het bygevoeg dat vroue soos Moeder Maria en Maria Magdalena haar deur haar lewe geïnspireer het, omdat hulle haar geleer het wat dit is om dapper te wees.
Lees meer by iol.
Volg Nuus24 op Twitter