Lady Gaga bal vuis oor Antwoord-video
2012-10-18 11:58
Kaapstad – Lady Gaga en Die Antwoord het mekaar op Twitter gepak oor die zef-groep se nuwe video, wat die spot dryf met dié eksentrieke popster.
Die zef-rapgroep het Dinsdag hulle nuwe musiekvideo, Fatty Boom Boom, bekend gestel, wat verskeie verwysings na Lady Gaga bevat.
Die video begin met 'n toeroperateur, gespeel deur die komediant David Kibuuka, wat aan 'n vrou wat soos Lady Gaga lyk, sê "Welkom in Afrika, dame (lady)". Die vrou, wat 'n rok van vleis aanhet, word dan op 'n toer deur die strate van Johannesburg geneem in 'n minibustaxi.
Die video spog onder andere met hiënas wat rommel eet, 'n swart luiperd en 'n leeu wat op 'n sypaadjie lê. In 'n stadium word die minibustaxi waarin "Lady Gaga" ry, gekaap.
Die Antwoord spot ook met die feit dat hulle 'n versoek van Lady Gaga om saam met haar op te tree, van die hand gewys het.
Lady Gaga het Woensdag op Twitter haar gevoelens oor die video bekend gemaak:
Die Antwoord het egter gou teruggeskryf:

Ontstelde Lady Gaga-ondersteuners het op haar Twitter-blad hul afgryse oor Die Antwoord se boodskap uitgespreek, terwyl slegs ‘n handjievol ondersteuners van Die Antwoord dieselfde vir die zef-rapgroep gedoen het.
Lady Gaga het sowat 30 miljoen volgers op Twitter, terwyl Die Antwoord 80 000 het.
Kyk hier na die video (WAARSKUWING: Eksplisiete lirieke):
– Channel24
– Volg Nuus24 op Twitter