LJ vra sy Irvette die groot vraag

2011-12-12 09:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die 400m-hekkiesatleet LJ van Zyl het die kroon gespan op ’n droomseisoen deur verloof te raak aan Suid-Afrika se goue meisie van padwedlope, Irvette van Blerk.

Die paartjie het Saterdag verloof geraak, ’n dag voordat Van Zyl vir ’n oefenkamp in George vertrek het met die oog op die Olimpiese Spele volgende jaar in Londen.

Van Zyl het Sondag gesê dit is belangrik vir hom om sy lewe te deel met iemand wat soos hy oor sport voel en ’n atleet se persoonlikheid verstaan.

“Nou kan ek ontspan, en fokus op die Olimpiese Spele.”

Van Zyl sê hy en Van Blerk deel ook ander belangstellings, wat meebring dat hulle mekaar goed verstaan.

Dis welbekend dat Van Zyl ’n groot deel van die wengeld wat hy van Yellow Pages gekry het toe hy sy rekord van 47.66 sekondes opgestel het, bestee het aan die koop van nog beeste. Van Blerk kweek op haar beurt blomme.

Die paartjie het mekaar in 2004 op die Suid-Afrikaanse junior kampioenskap in Bloemfontein ontmoet, sê Van Zyl.

“Ons gaan al uit sedert 2008, ná die Olimpiese Spele in Beijing, en voor dit het ons kontak met mekaar behou. Ons het in daardie tyd baie saam bergfiets gery.”

Van Zyl sê hy het iets spesiaals vir Van Blerk by sy huis in Pretoria voorberei, en haar later na ’n restaurant geneem om die geleentheid met vonkelwyn te vier. Hulle beplan om ses weke ná die Olimpiese Spele af te haak.

Ondanks hul groot planne vir volgende jaar, sal die troue nie sy aandag aftrek van sy voorbereiding vir die Spele nie, sê Van Zyl.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: lj van zyl  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.