LA wil niks met Jamie Oliver te doen hê nie
2011-02-07 22:18
Londen – Skole in Los Angeles wil nie hê dat Jamie Oliver aangaan om sy realiteitsreeks, Oliver’s Food Revolution, in hulle kafeterias verfilm nie, berig Sky News.
Die permit om die reeks te verfilm, is deur die Los Angeles Unified School District (LAUSD), weerhou.
Oliver het reeds by een skool in Los Angeles, West Adams Preparatory High School, verfilm, maar was veronderstel om die reeks by wee ander skole voort te sit.
“Ons wil net nie deel wees van realiteitstelevisie nie,” het ‘n woordvoerder vir die LSUSD gesê.
“Realiteitsreekse se sukses is gebaseer op konflik en drama.
“Ons soek nie enige konflik en drama nie,” het hy verduidelik.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.