Kykers sal baat by prysoorlog in TV-mark

2010-05-01 01:00
Tweets Share Share line Print

Thinus Ferreira, Die Burger

Johannesburg - ’n Betaal-TV-revolusie kom vir Suid-Afrika met die nuus dat TopTV-dekodeerders net R499 elk gaan kos.

TopTV begin Saterdag 55 TV-kanale op dié nuwe satelliet-betaaltelevisiediens uitsaai. Dekodeerders is van Saterdag op winkelrakke.

Hoewel TopTV gesê het hy is nie van plan om met MultiChoice se DStv-satellietdiens mee te ding nie, is dit nou baie duidelik dat TopTV se koms as Suid-Afrika se tweede betaaltelevisie-operateur ’n massiewe prysoorlog in die satelliet-TV-mark gaan afgee, met TV-kykers wat die wenners gaan wees.

Selfs die regering se komende steltopbokse (STB’s) vir Suid-Afrika se oorskakeling na digitale terrestriële televisie (DTT) gaan teen R700 per STB duurder kos as die dekodeerders waarmee TopTV nou die mark betree.

Die SABC se TV-kanale en e.tv sal ook daarop gesien kan word.

On Digital Media (ODM), wat TopTV met miljarde rande se aanvangskapitaal bedryf, het belowe om installerings gratis binne 48 uur te doen nadat ’n intekenaar ’n STB gekoop het.

Die gratis installering deur een van 900 installeerders landwyd sluit ook ’n gratis satellietskottel van 80 cm in. Dit beteken dat ODM die STB- en installeringskoste tot ’n baie groter mate gaan subsidieer as wat MultiChoice tans doen.

TopTV-intekenare kan kies hoeveel kanale hulle wil hê, met ’n maandelikse subskripsiegeld wat wissel van R99 tot R249.

Vino Govender, ODM se uitvoerende hoof, het Donderdag aan Die Burger gesê TopTV se een sportkanaal, TopSport, sal nie dadelik begin uitsaai nie omdat daar nog na sportregte gesoek word.

MultiChoice het reeds gesê geen SuperSport-regte sal aan TopTV gegee word nie.

Govender het gesê: “Ons sal graag SuperSport-regte wil hê, maar dit is iets vir die toekoms.”

Sportuitsendings is naas flieks die grootste dryfveer agter betaal-TV in die wêreld.

“Veral Pep is reeds oorval deur mense wat ’n TopTV-dekodeerder wil koop,’’ het Govender gesê.

- Die Burger

Volg Nuus24 op Twitter

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: televisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.