Kykers gis oor Storm gou Survivor los

2010-01-22 07:42
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - “My baba is die grootste rede hoekom ek wou weg. Ek het my kind gemis – (dit was) die paranoia van ’n ma.’’

Só sê die Kaapse supermodel Christina Storm, wat heel eerste M-Net se realiteitsreeks Survivor SA Santa Carolina verlaat het.

Baie kykers het gister aan Die Burger gesê hulle wonder wat M-Net wegsteek rondom die model se stormagtige vertrek uit die reeks.

Die redigering van die eerste episode het dit vir gewone kykers onmoontlik gemaak om vas te stel hoekom Storm van die eiland wil wegvlug, hoe sy dit reggekry en met wie sy gepraat het, en hoekom die vervaardigers dit toegelaat het. Storm se “onderhandelings’’ en gesprekke met die vervaardigers om die reeks te verlaat en die gepaardgaande drama is glad nie uitgesaai nie.

M-Net het gister gesê die beeldmateriaal rondom Storm se onverwagte vertrek wat wel uitgesaai was, “is ’n opsomming van die gesprekke wat die kamera vasgevang het’’. Die betaalkanaal het gesê die 18 bekendes is almal vooraf ingelig dat hulle nie teen hul sin op die eiland hoef te bly nie.

Die temperamentele Storm was op die tweede dag reeds keelvol en wou die trekpas vat. Op die derde dag van verfilming het sy besluit sy het genoeg gehad en met die produksiespan begin praat. Deelnemers mag nie met die kamera­manne praat wat hulle verfilm nie.

“Survivor SA Santa Carolina is ’n realiteitsprogram en die uitsaaier en vervaardiger meng nie in met die storie wat hom uitspeel nie,’’ het M-Net gesê.

In Storm se “uitstem’’-video-onderhoud, wat net op die TV-reeks se webruimte gesien kan word, sê sy bloot: “My hart was nie daar nie. Ek het besluit om te gaan en ek het gedink ek gaan sterk wees, maar my hart was nie sterk genoeg nie. Ek is spyt dat ek die eiland moes verlaat. Die eerste nag het ek net daar op die strand gelê en kon glad nie slaap nie.’’

- Die Burger

- Die Burger

Lees meer oor: vermaak  |  survivor

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.