‘Kyk wie is dit: Karate Kallie!’

2009-09-29 07:19
Tweets Share Share line Print

Daniëlla du Plooy

Pretoria - Mense herken hom op straat as Karate Kallie en op Aardklop vertolk hy die rol van Karel Koekemoer.

Dié grapkas sê egter hy is nou reg vir “diep drama”.

Wynand van Vollenstee (25) het tot dusver naam gemaak as die hoofkarakter in Karate Kallie, ’n Afrikaanse komedie wat tans in teaters te sien is.

Op die fees is hy te sien in Hotel Hel, nóg ’n komedie, uit die pen van Henriëtta Gryffenberg. In sy rol as Karel Koekemoer is hy ’n suinige veramerikaansde Boerseun wat teen sy sin in ’n plaaslike hotel beland.

Daar loop hy hom vas teen ’n portier (Samson Khumalo van The Coconuts) wat “enigiets” sal doen vir sy fooitjie?.?.?.

“Ek’s mal oor komedie,” sê Wynand ná hul laaste repetisie voordat die fees amptelik begin. Hy steek ’n sigaret aan en skep eers asem voordat hy verder praat.

“Ek doen dit gereeld, maar dis nie ál waarvan ek hou en wat ek wil doen nie.”

Hy wil binnekort ook nog “diep drama” aanpak. En ’n toneelstuk skryf. Én die regie behartig.

“Ons is verby die punt waar ’n mens maar net kan ‘act’ en daarop oorleef. Jy moet alles kan doen.”

Wynand, ’n boorling van “?‘wacky’ Witbank”, is al van jongs af mal oor die verhoog.

“My tuisdorp was seker nou nie juis die land se kunste-‘capital’ nie, maar ek’t myself nog altyd uitgeleef in toneel. En my ouers het my heeltyd ondersteun.”

Hy’t ná skool ’n jaar lank “iets in die hotelbedryf” geswot en opgeskop. Daarna het hy gaan skottelgoed was in Londen.

“Maar hel, ek’t geweet dít sal darem nie werk nie. Toe kom ek maar terug en doen wat ek regtig wil.”

Hy het drama aan die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) geswot en “sover werk dinge nog goed uit”.

Hoewel hy meestal in komiese rolle te sien is, kyk hy self nie gereeld komiese flieks en reekse nie.

“Ek’t baie respek en agting vir mense soos Tobie Cronjé en Pierre van Pletzen.

“Maar ek’s lugtig om te veel te kyk en dan so half my eie styl te verloor.”

Wat hy wel gereeld kyk, is “sielkundige goed”, soos van Anthony Hopkins se flieks.

“O, en natuurlik Woody Allen. Dis die soort komedie wat nie so ‘obvious’ is nie. Jy moet luister, die ‘layers of the onion’ afskil.”

Hy’s verstom oor mense se reaksie op Karate Kallie, sê Wynand. “Veral in die verkeer herken hulle my en gil vir ‘Kallie’. Dis ‘weird’!”

Teater bly sy eerste liefde. “Elkeen het sy eie uitdagings. Teater is heelwat moeiliker – daar’s net een ‘take’ – maar dis ook meer bevredigend.”

* kykNET Gimmies; R70; 30 Sept. 10:30, 1 Okt. 17:30,2 Okt. 16:00 en 3 Okt. 17:30.

- Beeld

Lees meer oor: vermaak  |  komedie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.