Kyk hoe stap daai pous
2009-08-05 20:41
Vatikaan-stad – ‘n Nuwe webkamera wat by die pous se somerhuis geïnstalleer is, gee internetgebruikers nou die geleentheid om regstreeks te kyk hoe die pous in sy tuin stap.
Die kamera is in die tuine by Castel Gandolfo, 30 km buite Rome, geïnstalleer.
Dit is die vyfde webkamera in Vatikaan-stad.
Vatikaan-stad se koerant, Osservatore Romano, sê dié kamera’s is uiters gewild onder webgebruikers.
Gaan kyk hoe stap die pous by www.vaticanstate.va
- Sapa - AFP