Kutcher los die gym vir nuwe rol
2011-02-22 23:00
Los Angeles – Ashton Kutcher het sy gym-lidmaatskap vir ‘n wyle opsy geskuif om meer realisties te lyk vir sy rol in No Strings Attached.
Hy speel ‘n skrywer, Adam, teenoor Natalie Portman in dié mees onlangse romantiese komedie deur die regisseur, Ivan Reitman.
Hy het vir Reitman gewaarsku dat hy van plan is om sy eie persoonlike gesondheidsregime te verslap om sy karakter meer realisties te laat lyk.
“Die ou is ‘n produksie assistent en aspirante skrywer,” sê Ashton.
“Ek ken baie sulke ouens en nie een van hulle is besonders fiks nie.”
Hy het egter bygevoeg dat hy miskien meer kon doen, want mense op die filmstel komplimenteer blykbaar steeds sy bou.
“Hulle praat die heeltyd oor my lyf. En my boude,” sê die ster en eggenoot van Demi Moore.
Volg Nuus24 op Twitter.