Kurt se verloofde maak 'n verskil
2010-11-25 04:20
Johannesburg - Dit was ná 'n TV-onderhoud met glanspaar, Kurt Darren en sy verloofde, Dunay, dat Mariska Ludick besluit het om haar siek dogtertjie na Dunay te vernoem.
Klein Duney Ludick is op 22 Januarie 2010 gebore, maar sy's kort na haar geboorte met ‘n rare sindroom gediagnoseer wat veroorsaak dat die slukderm en lugpyp met mekaar verbind is. Boonop het Duney 'n gesplete verhemelte.
“Ek't van die dag wat ek van Duney gehoor het, álles ingesit en volstoom probeer om geld vir haar in te samel,” vertel Dunay. Selfs die ontbyt-radiospan van Just Plain Darren op Jacaranda 94.2 het ingespring en gisteroggend (23 November) 'n beroep op luisteraars gedoen het om geld te skenk vir die operasie.
"Mense was awesome. Almal het my Facebook-”status” by hulle “status” ingeplak en só het ons die nuus versprei. En deur Facebook en met Jacaranda 94.7 se hulp het ons R200 000 ingesamel.”
Maar daar het nog R183 000 gekort. En toe kom die oproep! 'n Anonieme inbeller het gesê dat hy die verskil sal betaal. “Die trane het net gekom!" sê Dunay.
Klik om hier te sien hoe jy kan help.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sarie