Kurt is topverkoper

2010-01-04 13:38
Tweets Share Share line Print

Philip de Bruin

Johannesburg - Kurt Darren het in 2009 die meeste CD’s in Suid-Afrika verkoop.

Sy CD Uit die diepte van my hart met die treffer “Kaptein, span die seile” daarop is volgens die amptelike lys van topverkopers die voorloper van die jaar met verkope van meer as 160 000.

Dié CD was 35 weke lank op die lys van die 20 top-verkopers.

Darren het só afgereken met oorsese kunstenaars soos Josh Groban, Michael Jackson, Whitney Houston, Susan Boyle en Enrique Iglesias.

Die 30 top-verkopers van die jaar word bereken deur te kyk na alle CD’s se vertoning deur die jaar op die amptelike weeklikse top 20-lys, wat op sy beurt bereken word aan die hand van verkoopsyfers soos handelaars dit verskaf.

Die top 30-lys is die naweek bekend gemaak en het ’n eerste opgelewer: die eerste vyf plekke word almal deur Afrikaanse sangers beklee.

Darren was gister eers uit die veld geslaan en toe verheug oor sy prestasie.

“Dit is fantasties. Ongelooflik. Dankie aan my getroue ondersteuners en dankie aan my span by Select (Musiek, sy platemaatskappy).

“Dié goeie nuus kry ek net ’n week nadat ek gehoor het dat my jongste CD, Beste medisyne, op die punt staan om dubbel-platinumstatus (80 000 verkope) te bereik – binne net ’n maand nadat dit uitgereik is.

“As hy dié status bereik, sal dit my negende CD wees wat dubbel-platinumstatus bereik.

“Ek het werklik baie om voor dankbaar te wees.”

Niemand kon die naweek by navraag sê of Darren nou al Steve Hofmeyr as algehele top-verkoper van lewende sangers verbygesteek het nie.

Gé Korsten en Bles Bridges is egter steeds die voorlopers.

Bok van Blerk was 2009 se naaswenner met sy CD Afrikanerhart (30 weke op die top 20). In die derde plek is 10 jaar platinumtreffers van Juanita du Plessis (28 weke), vierde is Breek die ys (23 weke) van Ray Dylan en vyfde Ons lieflinge/Our darlings (22 weke) van Rudi (Claase) en Corlea (Botha).

- Beeld

Lees meer oor: kurt darren  |  musiek  |  bekendes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.