Kunstenaars help uitsaai op radio Houtstok

2011-03-24 07:36
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die debakel rondom Radio Houtstok en sy grootbaas kring steeds uit, maar die radiostasie gaan desondanks voort om uit te saai.

Dit blyk dat binnegevegte een van die hoofoorsake van die probleme by die stasie is.

Die omroepers het Maandag besluit om hul tasse te pak en die stasie te los. Hulle voer aan dat hulle nie vir die werk betaal is nie.

Louis Baartman, uitvoerende hoof, het Woensdag gesê hulle ís betaal, maar een of twee is nie volle salarisse betaal nie.

Groot ongelukkigheid heers ook onder die omroepers oor die manier waarop die stasie bestuur word.

Woensdag het verskeie Afrikaanse kunstenaars hul lywe omroeper gehou en die musiek op die stasie laat pomp.

Volgens Baartman het hulle aangebied om omroepers vir die dag te wees. “Hulle het self aangebied om te kom uitsaai. Sowat 10 kunstenaars gaan omroepers wees en ons is tot Vrydag vol.”

Andries Vermeulen, Rooies en Hugo Nieuwoudt het Woensdag op Radio Houtstok uitgesaai, en op die radiostasie se Facebook-blad was luisteraars gaande oor hulle.

Vermeulen het aan Die Burger gesê hy dink die kunstenaars sal hande vat om Radio Houtstok te help waar hulle kan.

“Dit gaan jammer wees as die stasie nie meer daar gaan wees nie. Ek het voorgestel dat ek weer ’n keer omroeper kan speel. Die terugvoering wat ons gekry het, was baie goed en ek sal dit geniet.”

Luisteraars het egter gepleit dat die politiekery nie die radiostasie leed aandoen nie.

- Die Burger

Lees meer oor: skandale  |  kan jy glo  |  radio

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.