Kunstefees-konsert ten bate van Lucas

2011-02-11 09:17
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die sangers Kurt Darren, Anton Goosen, André Swiegers, Coenie de Villiers, Dozi, Mathys Roets, Jannie Moolman, Valiant Swart, Danie Niehaus en Lucas Maree se dogters, Monica en Linda, is op die lys van kunstenaars wat deelneem aan ’n konsert ten bate van Lucas Maree op die Volksblad-kunstefees, wat van 12-17 Julie 2010 gehou word.

Een uit ’n miljoen – vir Lucas Maree word op 12 en 13 Julie in die Sand du Plessis-teater aangebied. Altesaam 18 verskillende sangers en musikante gaan die Sand du Plessis-teater vul met hul stories oor Lucas en die liedjies wat hom een van ons land se gewildste Afrikaanse sangers en liedjieskrywers gemaak het.

Die produksie en regie word behartig deur Alexa Strachan en Matthys Maree sal die musiekregie en verwerkings doen.

Die orkes bestaan uit Matthys Maree agter die klavier, Juan (Floors) Oosthuizen op kitaar, David Klassen op drommme en perkussie en Leon Ecroignard op kontrabas en baskitaar.

Strachan sê die boodskap op die omslag van die Een uit ’n miljoen vir Lucas Maree-CD, waarop verskeie kunstenaars sy liedjies sing om geld in te samel vir Lucas se mediese koste, som die atmosfeer en aard van die konsert op. Sy vriende skryf:

“Aan Lucas, ons gerespekteerde kollega, vrygewige vriend, en onselfsugtige voorbeeld.

“Die meeste van ons ken jou al langer as nodig (niks te make met die vriendskap nie, meer vanweë die ouderdom).

“Jy is vir ons onderskeidelik meester-liedjieskrywer, kalmerende seël, kop-oopmaker, mede-filosoof, grondleggende invloed, liefdevolle raadgewer, mentor, maat en broer.

“Ons wens vir jou is iets voorspoedigs, hoopvol en ryk.

Strachan benadruk: “Hierdie konsert gaan nie trietsig wees nie, maar gaan gatskop.

“Dit is ’n viering van Lucas se lewe en musiek.”

Lucas se wens dat Bloemfonteiners by die produksie betrokke moet wees, gaan ook verwesenlik word en hierdie kunstenaars sal eersdaags aangekondig word.

Kaartjieverkope vir die Volksblad-kunstefees open op 29 April by Computicket. Die opbrengs uit die konserte gaan na die Maree-familie.

Hierdie konsert word moontlik gemaak deur Kloppers. Volksblad is die mediaborg; Urban Hotel voorsien die verblyf en die kunstenaars vlieg met Mango.

Hou ook die fees se webblad www.volksbladfees.co.za dop vir meer inligting.

- Volksblad

Lees meer oor: lucas maree  |  vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.