Kunsskatte van R500 m. in gedrang

2012-01-20 08:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Versameling onvervangbare kunsskatte in die kelder van die Johannesburgse Kunsmuseum kan vernietig word weens die munisipaliteit se jare lange gebrek aan onderhoud.

Keramiekbakke van die Ming-dinastie (1368 tot 1644), antieke meubels en werke van plaaslike kunstenaars soos Gerard Sekoto, Irma Stern, William Kentridge, Jane Alexander en Nicholas Hlobo wat sowat R500 miljoen werd is, is in gedrang.

Dít is omdat die rioolnetwerk meer as vier jaar gelede versien is en instandinghoudingswerk aan die gebou agterweë gelaat is, het Antoinette Murdoch, hoofkurator, gesê.

“Die infrastruktuur, waaronder die lugreëling en beligting, is ook al jare sonder onderhoud en op die ou end breek alles net. Ek wil net hê die gemeenskap moenie die museum vir wanbestuur blameer nie.”

Die laaste werkende pomp wat rioolvuil uit die gebou moet pomp, het Maandag gebreek. Die eerste pomp het verlede maand die gees gegee. Dít veroorsaak dat rioolvuil in die skag waarin die pompe gebou is, versamel en opstoot.

“Teen die einde van die week is dit moontlik dat dié rioolvuil deur die muur van die aangrensende stoorkamers sal sypel, oor die skagdeur sal stoot en werke van onskatbare waarde sal vernietig.”

Die dak toon op talle plekke in uitstallokale ook waterskade.

Die Johannesburgse metro het onlangs ’n kostebesnoeiing aangekondig wat moontlik eers teen Maart deurgevoer sal word, het Gabu Tugwana, woordvoerder, gesê.

Beeld het verneem R25 miljoen gaan besnoei word, maar Tugwana kon dit nie bevestig nie.

“Die stadsraad kan nie toelaat dat die situasie handuit ruk en dat die inwoners van Johannesburg se waardevolle bates skade ly nie. Reëlings is reeds getref sodat diensverskaffers kwotasies kan indien. Hieruit sal ’n gepaste diensverskaffer aangestel word om dié probleme reg te stel,” het Tugwana gesê.

Volgens Murdoch is dié prosesse egter te langdradig vir die krisis op hande. “Dié probleem word nie as ’n noodgeval beskou nie. Ons is onderhewig aan ’n proses waar ons kwotasies moet aanvra en verskaf en wag sodat dit goedgekeur word voordat die werk gedoen word. Wanneer die rioolvuil besig is om in die museum op te stoot, is daar nie tyd vir prosesse nie.”

Tugwana het die beweerde voortdurende nalatigheid met die instandhouding betwyfel, maar onderneem om aandag aan die saak te skenk.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: kuns

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.