Kutcher se minnares was hande in onskuld
2011-11-28 14:50
Los Angeles – Die Two and a Half Men-akteur Ashton Kutcher se minnares beweer sy is nie verantwoordelik vir sy egskeiding van sy vrou, Demi Moore, nie.
Sara Leal (22), die blonde ontvangsdame wat op 24 September intiem verkeer het met Kucther, sê sy huwelik met Moore was reeds in die moeilikheid.
Moore het Kutcher vir ‘n egskeiding gedagvaar nie lank nadat Leal gepraat het oor haar aand saam met Kutcher nie.
Volgens gerugte het Kutcher op hul sesde huweliksherdenking saam met Leal by ‘n hotel in San Diego geslaap.
Leal hou egter vol Kutcher en Moore se verhouding was op die rotse lank voordat sy hom ontmoet het.
Leal het ook bekendgemaak sy het geen planne om haar romanse met Kucther te hervat nie.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.