Kry Tiger Woods sekshulp in Kaapstad?
2010-01-13 10:33
Kaapstad – Gerugte doen die ronde dat Tiger Woods glo by ‘n eksklusiewe oord in Kaapstad berading ontvang vir sy seksverslawing.
Volgens die skindertydskrif Heat is Woods glo by Montrose Place, ‘n sentrum vir verslaafdes in die spoggerige Kaapse woonbuurt Bishopscourt, ingeboek.
‘n Personeellid wou nie kommentaar lewer toe die tydskrif hulle gekontak het om te verneem of die gholfsensasie daar is nie.
Montrose Place het kantore in Londen, Parys en Genève.
Woods word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Elin Nordegren, met ongeveer 14 vroue verneuk het.
‘n Paar dae gelede het die skinderwebwerf TMZ berig dat daar vermoed word dat Woods na Suid-Afrika gevlug het om die media te ontduik.
Intussen berig Heat dat Nordegren in die publiek saam met die egpaar se kinders gesien is, maar sonder haar trouring.
- News24