Kritici: Dylan-kuns tangerig

2010-09-07 12:17
Tweets Share Share line Print

Kopenhagen – Kunskritici het die legendariese musikant Bob Dylan as ‘n amateur-skilder bestempel en gesê sy kunswerke het geen plek in Denemarke se grootste museum nie.

'n Uitstalling van dié musiek-ikoon se nuwe versameling skilderye het onlangs in Kopenhagen geopen.

“Wanneer ons oor musiek praat, is Bob Dylan een van die Picasso’s van die 20ste eeu, maar dit geld nie vir sy skilderye nie,” het die daaglikse koerant Berlingske Tidende gesê nadat Dylan se “The Brazil Series” Saterdag geopen het.

“Bob Dylan skilder soos enige ander amateur en gebruik nogal ‘n tangerige figuratiewe styl,” het die professor van kunsgeskiedenis Peter Brix Soendergaard, tydens ‘n onderhoud met die dagblad Information, gesê.

“Hy is wat ons in die oudae ‘n Sondagskilder genoem het.”

Die finansiële koerant Boersen het die bestuur van die Statens Museum for Kunst blameer omdat hulle finansieel meer belanggestel het in die uitstalling as in die kuns self.

Boersen meen die museum het geweet die Dylan-naam sou baie mense lok.

Die museum het gereageer deur te sê dat hulle dink Dylan se kunswerke is van hoë gehalte en hy lok baie belangstelling onder Deense skilders en kunsversamelaars.

Die 68-jarige Dylan is beter bekend vir sy liedjies soos "Mr Tambourine Man" en "Blowin' in the Wind", maar het later begin skilder.

"The Brazil Series" is tot 30 Januarie te sien en sluit 40 skilderye en agt tekeninge in.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Lees meer oor: bob dylan  |  kuns

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Ry hulle bloots en moenie weggaan nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.