Kristen Stewart koop Kaliforniese herehuis
2012-09-10 18:27
Los Angeles – Kristen Stewart gaan glo saam met haar ma 'n huis van $4,8 miljoen (sowat R39 miljoen) in 'n spogbuurt koop, het die Daily Mail berig.
Die Twilight-ster het onlangs uit die huis wat sy met haar gewese kêrel en medester, Robert Pattinson, in Los Angeles gedeel het, getrek.
Dít volg nadat Stewart 'n skelm verhouding met Rupert Sanders, regisseur van Snow White and the Huntsman, gehad het.
Stewart het glo op 'n vyfslaapkamerhuis in die rykmansbuurt Malibu besluit.
Volgens die webwerf Celebdigs.com is die huis egter in haar ma, Jules Mann Stewart, se naam gekoop.
Jules was ook amptelik sonder 'n tuiste nadat sy Stewart se pa, John, op 17 Augustus om 'n egskeiding gedagvaar het. Hulle was 27 jaar getroud.
– Volg Nuus24 op Twitter.