Kris Humphries wil 'aanbeweeg'
2011-12-12 12:30
Los Angeles – Kris Humphries, ‘n professionele basketbalspeler, is gefokus daarop om “aan te beweeg” nadat sy huwelik met Kim Kardashian na 72 dae tot ‘n einde gekom het.
Humphries het saam met sy ma, Debra, op Good Morning America, ‘n Amerikaanse televisieprogram, verskyn om sy toekoms te bespreek.
Tydens die program is hy gevra oor sy huwelik van 72 dae met Kardashian.
Hy het erken dat sy lewe drasties sedert hulle egskeiding verander het.
“Dinge is anders... Maar vir nou fokus ek net op familie en berei myself voor vir basketbal. Ek beweeg aan,” het hy gesê.
– Lees die volledige berig hier
– Volg Nuus24 op Twitter.