Kourtney Kardashian glo verloof
2012-11-21 07:13
Los Angeles – Die realiteitstelevisiester en sosiale vlinder Kourtney Kardashian en haar kêrel, Scott Disick, is glo verloof.
Die 33-jarige Kardashian, wat 'n tweejarige seun, Mason, en 'n vier maande oue dogter, Penelope, saam met Disick grootmaak, is glo in die wolke nadat hy haar tydens hul onlangse reis van Parys gevra het om te trou.
Scott se tante, Laurie Disick, het die nuus aan die tydskrif Star bevestig.
"Ons is almal so bly dat hulle uiteindelik besluit het om verloof te raak. Ons is almal so mal oor Kourtney en ons wens hulle 'n lang, gelukkige huwelik toe."
Die romantiese verlowing is volgens berigte verfilm vir die laaste episode van die opkomende reeks van Kourtney and Kim Take Miami', wat vanaf Januarie uitgesaai word.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter