Korsten lei nou gesogte orkes

2009-11-10 09:26
Tweets Share Share line Print

Die London Mozart ­Players (LMP) het pas die Suid-Afrikaanse dirigent ­Gérard Korsten as sy vyfde musikale direkteur aangestel.

Luidens ’n persverklaring begin Korsten se termyn van drie jaar in September 2010, al tree hy reeds in Mei 2010 saam met die orkes op in ’n konsert in die orkes se tuissaal, Fairfield Hall, in Croydon, Londen.

Korsten sal in die drie jaar voltyds verantwoordelik wees vir die orkes se musikale ontwikkeling, al die orkes se groot konserte in die Verenigde ­Koninkryk dirigeer, en oor­sese optredes vir die orkes reël en beplan.

Simon Funnell, besturende direkteur van die LMP, sê hy is verheug dat iemand met Korsten se ervaring en musikaliteit voortaan die orkes sal lei. “Reeds van sy eerste repetisie met die orkes het hy en die ­orkeslede ’n goeie verhouding gehad. Ek is seker dat sy aanstelling vernuwing vir die ­orkes sal teweegbring.”

Vir Korsten, seun van die ontslape tenoor Gé Korsten, is die aanstelling ’n groot eer: “Dit is ’n fantastiese orkes met ’n luisterryke geskiedenis, en dis ’n plesier om met die instrumentaliste te werk. Ek is veral opgewonde oor die komende seisoen, waaraan ons tans beplan. Ek dink daar lê ’n blink toekoms vir ons voor.”

Korstens se mees onlangse optrede met die LMP was in April vanjaar toe hy die aanstellingskomitee beïndruk het met sy interpretasie van werke van Mozart, Haydn en Mendelssohn.

Hy was reeds hoofdirigent van die Staatsteater in Pretoria, die orkes van die Teatro ­Lirico in Italië en van die Sym­phonieorchester Vorarlberg Bregenz in Oostenryk.

Die LMP is in 1949 deur Harry Blech begin as die Verenigde Koninkryk se eerste kamerorkes. Die vier vorige musikale direkteurs was Andrew Parrott, Matthias ­Bamert, Jane Glover en Blech. Ander befaamde dirigente saam met wie die orkes gewerk het, sluit in John Barbirolli, John Eliot Gardiner, Charles Mackerras en Roger Norrington.

-Sapa en Die Burger
 

Lees meer oor: londen  |  musiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.