Koninklikes kry net trou-kennisgewings
2011-01-27 06:47
Londen. – Dit is nie ’n uitnodiging nie, maar is dalk die naas- beste ding.
Buckingham-paleis het “kennisgewings” aan ander Europese koninklikes gestuur waarin hulle gevra word om prins William en Kate Middleton se troudatum oop te hou.
Hulle trou op 29 April in die Westminster-abdy in Londen.
“Buckingham-paleis kommunikeer informeel met die breër koninklike familie,” het ’n woordvoerder van Clarence House, wat William verteenwoordig, gesê.
Dié kommunikasie is in die vorm van “kennisgewings” eerder as uitnodigings.
Een koninklike wat reeds sy uitnodiging bevestig het, is kroonprins Alexander Karadjordjevic, oftewel Alexander II, van die voormalige Joego-Slawië.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters