Konfyt van prinses Diana se hare gemaak
2010-07-05 04:33
Londen – Konfyt wat van een van prinses Diana se hare gemaak is, verkoop goed by ‘n kunsuitstalling in Londen.
Sam Bompas, wat die gasvryheidsmaatskappy Bompas and Parr gestig het, het gesê dat ‘n klein stukkie van die prinses se hare ingelê is in gin, waarna dit met melk en suiker gekombineer is. Die resultaat proe glo soos kondensmelk.
Bompas het die hare glo op eBay vir $10 (sowat R78) gekopp van ‘n verkoper wat bekendes se hare versamel.
Hy het Sondag gesê dat die produk, wat “occult jam” genoem word, daarop gemik is om mense te lok om oor kosbemarking en dit wat hulle eet te dink.
Die konfyt word by die Barbican Kunsgalery tentoongestel en 500 van die £5 (sowat R60) houers is in die eerste week verkoop.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP