Komediant gekap oor rassistiese kommentaar
2011-01-24 13:39
Kaapstad – Die bekende komediant Trevor Noah is die afgelope naweek oor die kole gehaal oor beweerde rassistiese aanmerkings wat hy oor Indiërs op die sosiale netwerk Facebook geplaas het.
"Durban is humid and full of Indians. It’s like walking into the sauna at a gym in fordsburg (sic)," het die komediant geskryf.
Noah se aanmerking het gou 'n herrie veroorsaak.
"Trevor hou daarvan om swak grappies oor Indiërs te maak," het Tamlyn geskryf. "Dit bevorder haatspraak, as mens na sekere van hierdie kommentaar kyk."
Niven het sommer dadelik na Noah se ma verwys, en glad nie op 'n mooi manier nie, terwyl ene Candice Munisamy geskryf het: "Kommentaar soos daai win nie respek vir jou nie. Dit laat mense net dink jou brein sit in jou g*t."
- Kliek hier om die kommentaar te lees.
- Volg Nuus24 op Twitter.