Koerante vuur skrywer aan

2010-10-18 12:36
Tweets Share Share line Print

Mariana Malan

DieBurger

Kaapstad - 'n Voertuigkaping het van Jassy MacKenzie ’n misdaad­skrywer ­gemaak. Haar derde boek is pas ­uitgereik en sy is tans in San ­Francisco, waar sy aan ’n paneel­bespreking saam met misdaadskrywers van oor die wêreld heen sal deelneem.

“Direk nadat ek voor my huis met ’n rewolwer gedreig en van my motor beroof is, was ek bang en senuagtig. Ek het begin navorsing doen oor mense wat minder ­gelukkig as ek was en hul lewens verloor het.

“Daar was soveel grusame ­stories, maar ek het mettertyd ­besef nie alle kapings is nood­wendig toevallige misdaad nie. In die samelewing waarin ons leef word die misdaadsituasie misbruik vir goed beplande ­moorde.”

’n Jaar ná haar ondervinding het die “ratte begin klik” en die boek Random Violence het ­gevolg. Dit is goed ontvang en benoem vir die Statebond­skrywersprys se Afrika-streeksronde. Haar tweede boek, My ­Brother’s Keeper, was ’n finalis in die kategorie vir slapband­boeke van die ­International Thriller Awards en op die kortlys van M-Net se literêre ­toekennings in die filmkategorie.

Haar jongste boek, Stolen Lives, gaan oor mense­handel en die karakters van haar eerste boek, privaatspeurder Jade de Jong en superintendent ­David Patel, is terug. Jade se storie word voortgesit in The ­Fallen, die boek waarmee sy nou besig is.

“Jade is so ’n bietjie soos ek en ’n bietjie soos Modesty Blaise. Sy is soms roekeloos en gewoonlik in beheer. Maar ek hoop sy is ’n mens­like karakter. Ek hoop lesers kan hulle met my karakters ­identi­fiseer.

“Dis ’n uitdaging om so te skryf dat ’n boek internasionaal gelees kan word sonder om plaaslike ­lesers met te veel besonderhede te verveel. Balans is belangrik.”

Koerante is vir haar ’n groot bron van inligting en inspirasie. “Ek kry die meeste van my ­inspirasie uit koerante. Wanneer ek ’n opskrif sien wat my ­interes­seer, bêre ek dit in my laai. Ek gebruik verskillende berigte om verskillende storielyne in ’n boek te weef.”

Ironies genoeg verskil haar ­dagwerk hemelsbreed van die ­boeke wat sy skryf. Sy is die redakteur van HJ, ’n tydskrif vir haarstiliste en die skoonheidsbedryf.

“In hierdie bedryf gaan dit om uiterlike skoonheid. Ek het al deur die jare agtergekom dat dit nie noodwendig mooi mense is wat gawe en goeie mense is nie. Ek kon ook darem iets uit die bedryf gebruik in my jongste boek.” (Sy verwys na Jade se haarkleur-sessie wat verkeerd loop in Stolen Lives).

Sy is dol op haar nuwe loopbaan.

“Dis baie opwindend en ek gaan aanhou skryf en ek gaan nog ’n prys wen. En as een van my boeke verfilm kan word, sal dit die hoogte­punt van alles wees. In­tussen geniet ek alles wat ek doen en kry boonop die kans om lekker sjampanje te drink en met ander wonderlike skrywers kennis te maak.”

Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lees meer oor: vermaak  |  boek  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.