Koerant se laaste onderhoud met Coyne

2010-08-24 07:15
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die rooikop-dinamo Fiona Coyne van The Weakest Link-faam is by ­teatermense veral bekend danksy haar dramatekste Glass Roots, As the Koekie Crumbles, Dearly ­Beloved en The Shadrack Affair. Haar jongste skepping, Careful, is benoem as die beste teks op die Gay-teaterfees in Dublin.

Fiona vertel meer oor:

Haar agtergrond:


Ek is ’n Oos-Randse chick, die laatlam en enigste dogter tussen drie kinders. Ek was die ­akademiese-wrak-soort op skool, maar almal het só baie gesê: “O, jy is ’n ’n gebore aktrise” dat ek ­drama aan die Pretoriase Tech­nikon gaan studeer het.

Ek het eers later – nadat ’n vriend my ’n bottel sjampanje ­belowe het as ek ’n universiteitskursus kon deurkom – vir ’n BA-graad gaan inskryf en kort by ’n meestersgraad in sielkunde ­omgedraai.

Haar werk:


Ek is – amptelik – ’n korporatiewe kommunikasie-spesialis. Hoe ek daarin beland het, is bisar: ­Ingrid Emslie, wat ek net skrams geken het, het my naam aanhou droom, my gebel om haar te kom help met haar korporatiewe ­onderneming – en net daar het ek die passie van my lewe ontdek.

Ek is juis nou op pad om 36 Arabiese mans in Bahrein te gaan leer hoe om ­Harley Davidsons te verkoop!

Wat The ­Weakest Link betref, ek was mal oor die druk. Vinnig, skerp en ure lank op hoë spykerhakke – ­nommerpas vir my.

Haar vier jaar as surrogaatma vir baba-olifante en ­-renosters:

My eksman, Willie, moes in ­Nairobi gaan werk, en ek is, traag om my loopbaan te los, saam. Daar het ek die bekende bewarings­deskundige Daphne Scheldrick ­gehelp deur wegwysbriefies te skryf vir mense wat, soos ek, met die ­baba-olifante en swart­renosters wou kom help. Ná ses maande het sy my genoeg vertrou om met die diere te werk. Dit was ’n ongeloof­like voorreg.

Haar persoon­like ‘weakest link’:

Ek byt altyd te veel af, ek ken nie my perke nie, en ek is pynlik netjies. Ek kan ook baie ­onaangenaam wees as ek kwaad word.

Haar sterk kwaliteite:

Ek is dapper, ek kan baie hard werk, en ek kan humor in enige ­situasie insien. Gee my ’n uit­daging en ek spring – ’n soort ­bungy jump-mentaliteit, jy weet. Verder is ek goed met luister: na die Zeitgeist, gesprekke, kwessies?– mense is interessant en vreemd, en snaaks.

Haar huis:

Dis my hawe. Sedert Februarie, toe ek ná 22 jaar geskei is, woon ek alleen in Vishoek met my drie baie goed gedissiplineerde honde. Ek is mal oor kook. Op my af dae, op ­vakansiedae en in feestye sal jy my in die kombuis kry, besig om dae lank voor te berei om vriende te onthaal.

Haar toekoms:


Aan die einde van die jaar gaan ek vir Janice Honeyman in ’n ­pantomime speel – my eerste ­verskyning op die verhoog in tien jaar. En ek wil leer vlieg, sommer binnekort. Om in jou middeljare te skei bring soveel uitdagings. Ek wil werksessies oor die onderwerp aanbied. ’n Soort “Geskeides Anoniem”, maar dit moet met ­humor aangepak word.

Haar lewe:


Soms voel ek my hele lewe klink soos ’n grap (maar ek wag nog vir die punchline)! Dis meestal vinnig, hard en intens, chaoties en vol ­onbeplande gebeurtenisse, maar eintlik is ek mal daaroor. As dit sleg gaan, want ek kry ook maar donker, diep dae, werk ek dat dit klap. “Werk, moenie te veel dink nie”, is die les wat ek in my ­matriekjaar geleer het toe my pa kort voor die eindeksamen oorlede is.

volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: fiona coyne  |  selfmoord

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.