Knight Rider nou in realiteitsreeks
2010-01-21 16:56
Kaapstad - David Hasselhoff sal later vanjaar die middelpunt van 'n realiteitsreeks oor sy onstuimige persoonlike lewe wees.
'n Amerikaanse TV-netwerk het reeds 10 episodes van dié nuwe reeks bestel.
Die halfuurlange episodes fokus op die uitdagings wat die Baywatch-ster in sy persoonlike en professionele lewe in die gesig staar, met 'n spesiale fokus op sy pogings om sy tienerdogters te help met hul musiekloopbane.
Hasselhoff, wat onlangs bedank het as beoordelaar uit die reeks America's Got Talent, het aan People Magazine gesê die reeks gaan soos die rolprent Fame wees, want "dit gaan mal" in sy huis.
Lees meer by Variety en People