Klassieke in Afrikaans bekoor lesers opnuut

2010-09-03 09:03
Tweets Share Share line Print

Dis nogal raar dat ’n vertaler nie weer wil verander aan sy werk nie. Alice en Don Quijote is onveranderd gelaat al het jy dit al in die sestigerjare vertaal.

Vanweë die koste verbonde aan heruitgawes en die tydskedule vir ’n heruitgawe was daar geen ander uitweg as om die boeke onveranderd te hou nie. In ieder geval die oorspronklike uitgawes is met groot aandag en toewyding gedoen, sodat daar nie nou meer drastiese ingryping nodig was nie.

Alice en Don Quijote het teen dié tyd (in die geval van laasgenoemde ná vier eeue!) wêreldwyd  klassiek geword, as hoekstene van die wêreldletterkunde: nie meer uit gewoonte en bygelowigheid nie, maar omdat hulle boeiende en onvergeetlike leeservarings bied en daarom steeds gretig deur oud en jonk gelees word. Dit is soos twee avontuurlike reise waar elke hoek en draai in die pad ’n avontuurlike ondervinding aanbied.

Het jy met Alice jou vertaalstyl aangepas vir kinderlesers?  

Ja en nee. Lewis Carroll het vir geen oomblik sy lesers onderskat en “afgeskryf” na hul vlak nie: vir hom was Alice Liddell en haar tydgenote genoeglike en gewaardeerde lesers vir wie se intelligensie en geesdrif hy groot respek gehad het.

Ek het nog altyd groot waardering vir die oorspronklike John Tenniel-tekeninge gehad, maar reeds as kind het ek gevind baie kinders word daardeur ietwat op ’n afstand gehou. Die nuwe illustrasies deur Marjorie van Heerden wat Human & Rousseau bygebring het, dra ’n hele dimensie van lekkerkry tot die boek by. Dis byderwets, plesierig, vol heerlike humor, en maak die leesproses ’n nuwe ontdekkingsreis.

Jy het dele van Don Quijote uitgesny deels omdat die oorspronklike werk sowat 300 000 woorde lank is. Hoe verseker ’n mens met so ’n snyproses dat die belangrikste van die verhaal behoue bly?

Gelukkig maak die struktuur dit maklik om te sny: kenmerkend van Cervantes se tyd, is die teks deurgaans episodies (hoewel sekere temas deurlopend is) en kan mens fokus op die hoofsaak: Die ridder se drie reise en die mees kenmerkende episodes uit elk. In die oorspronklike word die hoofstroom van die verhaal onderbreek deurdat hoofkarakters onderweg vreemdelinge ontmoet en eers langs die pad gaan sit en gesels om hul eie stories te vertel. Natuurlik behoort mens eintlik die hele wonderlike versameling te lees om ’n beeld te kry van die kompleksiteit van Cervantes se Spanje – die spanninge en die wisselwerking tussen Moslems en Christene, die verloop van ’n eeu se geskiedenis (met die conquistadores in Suid-Amerika in die hart daarvan) - maar vir veral die nuwe leser is dit ’n meer verteerbare leesavontuur om die verhaal tot die essensie te probeer inperk. My een groot jammerte – en dit was al die geval toe ek dit die eerste keer vertaal het – was dat mens nou die ongelooflike wisselwerking tussen vertellers ontbeer. In die oorspronklike word die verhaal deur ’n Moor, Cide Hamete Benengeli, vertel. Daar is verruklike humor en diepte daarin dat ’n verhaal oor ’n Spanjaard deur ’n Mohammedaan vertel word – soos wat sou gebeur as ’n swart Afrikaan die verhaal van Oom Kaspaas moet vertel. Die ironie en satire en verteldiepte word iets onvergeetliks. Ek hoop enige leser wat meegevoer word deur die “basiese” storie kom nou in die versoeking om die volle genot van die oorspronklike te gaan opsoek.

Wat die illustrasies deur die Fransman Gustave Doré betref; ek het oor die jare ’n hele versameling van Don Quijote-tekste opgebou, met illustreerders van elke slag en soort – tot en met Salvador Dali.Vir my is die blywendste illustreerder van alle eeue die van Doré. En deur juis dié kunstenaar hier te behou, word iets vasgevang van die beste vertolker van Cervantes se denkwêreld wat ek nog teëgekom het; vir die Afrikaanse leser kan dit net ’n bonus wees!

Jy het hoofsaaklik uit die oorspronklike Spaans vertaal.

Ek het Spaans geleer voordat ek die eerste keer deur Spanje gaan reis het. Dit was toe ek die reisboek Olé geskryf het. Dit was onontbeerlik om die land as’t ware van binne af uit te leer ken – en dit kon ek nie doen sonder Spaans nie. Bowendien het die Latynse tale my nog altyd gefassineer. Frans was die eerste omdat ek ’n paar jaar in Frankryk gaan woon het. Ek het ook Italiaans en Portugees geleer vir my reisboeke Sempre diritto en Fado. (Deesdae gaan dit nie meer so maklik nie!)

Die ou Hollandse gesegde is waar: Zoveel talen als ik kan, zoveel malen ben ik man. Elke nuwe taal verdubbel as’t ware mens se menswees, en jou begrip van die wêreld.

- Die Burger

Lees meer oor: vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trippie sê... Dis goeie nuus ! Bee Gees se musiek kan enige tyd na geluister word. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.