Kirsten se lewe alles behalwe normaal
2011-01-18 23:00
Los Angeles – Kirsten Stewart lewe beslis nie die tipiese lewe van ‘n 20-jarige nie.
Sedert sy beroemd geraak het vir haar rol in die Twilight-films, het sy glad nie meer privaatheid nie.
Sy’t in die Februarie-uitgawe van Vogue gesê dat sy deesdae nie eers meer daarvan hou om na winkelsentrums te gaan nie, weens al die aandag van die aanhangers.
Dié tiener-ster sê sy gaan deesdae maar min uit.
Noudat sy ‘n superster is, wonder sy ook wat sy met al die geld gaan maak.
Volgens Stewart sal dit vir haar fantasties wees om befondsing vir rehabilitasiesentrums beskikbaar te stel.
Sy werk egter nog aan die laaste twee films in die reeks en hoop dat Twilight-aanhangers gelukkig sal wees met haar vertolking.
Volg Nuus24 op Twitter.