Kirsten Stewart onklee maklik
2010-10-22 05:16
Kaapstad – Kirsten Stewart was “verbaas” dat sy so maklik van haar klere ontslae geraak het in haar mees onlangse fliek, Welcome To The Rileys, berig Tonight.
Die 20-jarige aktrise speel ‘n tiener wat weghardloop van die huis af en ‘n ontkleedanseres word.
Stewart, wat bekendheid verwerf het vir haar rol in die Twilight-flieks, was ook glad nie skaam om in gewaagde uitrustings voor die kamera te paradeer nie.
“Ek was verbaas dat ek glad nie bewus was van die feit dat ek omtrent net met visnetkouse aan, by die straat afstap nie,” sê sy.
“Ek was glad nie bang nie.”
Blykbaar het sy ook geleer paaldans om haarself vir die rol voor te berei.
“Dis regtig seer,” het sy erken.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.