Kings of Leon klaar met partytjie hou
2010-12-11 19:44
Kaapstad – Kings of Leon, die Amerikaanse rockgroep wat in Maart 2011 in Suid-Afrika gaan optree, het glo die partytjielewe ingeruil vir ‘n rustiger lewe van tafeltennis speel en pylgooi.
Die groep het erken dat hulle klaar is met ‘n lewe van meisies, dwelms en vuisgevegte.
Contact Music berig dat hulle nou eerder speletjies met hul vriende speel en saam met hul wederhelftes rustig raak.
Volgens die voorsanger Caleb Followill, wat aan die model Lily Aldridge verloof is, sal hulle elke nou en dan nog partytjie hou.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.