Kim se kleinsus wil ook in kollig wees
2012-02-07 20:58
Los Angeles – Kim Kardashian, sosiale vlinder en ster van Keeping up with the Kasdashians, se kleinsus Kendall Jenner is gereed om op die silwerdoek te verskyn.
Dit blyk dat Jenner (16), wat ook op die werklikheidsreeks te sien is, gereed is vir ‘n rol in ‘n film.
“Ek sal graag in ‘n gruwelfliek of in ‘n rolprent oor perde wil wees,” het Kardashian se halfsuster aan E! News se Marc Malkin gesê.
“Dit lyk na so baie pret,” het sy Maandagaand by die Hollywood-premiere van The Vow gesê.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter