Kim se houding het Humphries 'afgesit'
2012-01-11 18:36
Los Angeles – Die basketbalspeler Kris Humphries, vervreemde man van die sosiale vlinder Kim Kardashian, het glo nie gehou van hoe sy haar familie behandel nie.
Humphries en Kardashian het hul huwelik van net 72 dae in Oktober beeïndig.
Bronne beweer een van die redes hoekom hulle nie meer saam is nie, is oor hul argumente oor die manier waarop Kardashian met haar ma en susters, Kourtney en Khloe, gepraat het.
Een van die bronne het aan RadarOnline.com gesê Humphries kon nie glo dat Kardashian geen respek vir haar ma sou toon wanneer sy met haar praat nie.
Humphries het Kardashian al probeer oorreed om haar houding te verander, maar sy wou nie na hom luister nie.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.