Spa-behandeling vir senuagtige Kim
2011-08-18 09:36
Los Angeles – Die sosiale vlinder Kim Kardashian geniet spa-behandelings voor haar troue om haar stresvlakke te verminder voor haar groot dag, het Bang Showbiz berig.
Kardashian en haar verloofde, die basketbalspeler Kris Humphries, trou Saterdag vermoedelik naby die Four Seasons-oord in Montecito, Kalifornië.
Talle bekendes gaan dié spogtroue bywoon, maar die gastelys is nog nie bekend nie.
Kardashian het op Twitter aan haar aanhangers gesê sy het die spa-behandelings nodig omdat dit help met die senuwees voor haar groot dag.
Die 30-jarige Kardashian se biologiese pa, Robert, is in 2003 aan kanker van die slukderm oorlede. Haar ma, Kris, het in 1991 met ene Bruce Jenner getrou. Jenner sal Kardashian Saterdag by die seremonie aan die bruidegom afgee.
– Volg Nuus24 op Twitter.