'Kim Jong-Il se as' het wêreld aan die gons
2012-02-27 15:21
Kaapstad – Die gewilde akteur en grapmaker Sacha Baron Cohen het wéér toegeslaan – en dié keer was dit die televisie-aanbieder Ryan Seacrest wat aan die kortste end getrek het.
Cohen, wat die Oscar-toekennings in Hollywood bygewoon het as Generaal Aladeen, die hoofkarakter van sy nuwe rolprent, het “per ongeluk” as op Seacrest gemors terwyl dié op die rooitapyt met hom 'n onderhoud gevoer het.
Cohen het gesê die as is dié van die diktator Kim Jong-il, die ontslape leier van Noord-Korea.
Seacrest, wat in 'n netjiese pak geklee was, was uit die veld geslaan deur Cohen se manewales, maar het kort daarna erken dat hy wel iets verwag het.
“As iemand jou vra wat jy dra, sê Kim Jong-il,” het Cohen gesê terwyl hy weggelei is.
'n Video van die voorval het intussen soos 'n veldbrand oor die internet versprei.
Kyk die video hieronder:
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24