Khloe Kardashian gedagvaar oor aanranding
2011-12-05 11:37
Los Angeles – Die sosiale vlinder Khloe Kardashian word gedagvaar nadat sy glo 'n vrou wat 'n geslagsveranderingsoperasie ondergaan het, aangerand het.
Chantel Spears, voorheen bekend as Ronald Spears, beweer Kardashian het haar op 5 Desember 2009 buite 'n kuierplek in Hollywood aangeval.
Hofdokumente dui daarop dat Spears glo na die beweerde voorval mediese sorg benodig het en erge geestelike trauma ervaar het.
Niemand is destyds in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Spears soek nou egter geldelike vergoeding en sê die voorval het plaasgevind nadat sy iets aan Kardashian se man, Lamar Odom, gesê het.
"Al wat ek vir Lamar Odom gesê het, is dat hy miskien te jonk is om te trou en ewe skielik het ek 'n groot stamp van die meisie gekry," het Spears aan die vermaakwebwerf TMZ gesê.
Kardashian se woordvoerder het nog nie kommentaar gelewer nie.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.