Kendra: Seksvideo op internet beskikbaar
2010-06-06 05:14
Kaapstad – Die televisiester, Kendra Wilkinson se seksvideo is uit en baie mense het dit al vanaf die internet afgelaai.
Na baie kontroversie rondom die seksvideo, het Wikinson onlangs op die E! realiteitsprogram daaroor gepraat.
Sy verskyn saam met haar gewese kêrel in die sogenaamde seksvideo, maar het egter gevra dat niemand na haar moet kyk as ‘n pornoster nie.
Sy argumenteer dat alhoewel sy in die video verskyn, was sy ‘n ander mens op daardie tydstip in haar lewe. Sy is nou getroud en die ma van ‘n seuntjie.
Die video is nou die eiendom van ‘n maatskappy genaamd Vivid entertainment. Dit is alom bekend dat Wilkinson baie hard baklei het om die maatskappy te verhoed om die video vry te stel.
- Vir die volledige storie besoek Thaindian News.
- Volg Nuus24 op Twitter.