Kelly Clarkson, kêrel verloof
2012-12-16 15:00
Los Angeles – Die sangeres Kelly Clarkson, wat in 2002 die eerste deelnemer geword het om American Idol te wen, en haar kêrel is verloof.
Die 30-jarige Clarkson het vroeër aangekondig dat sy en die talentbestuurder Brandon Blackstock sedert vroeg vanjaar 'n paartjie is. Blackstock is die stiefseun van die country-sangeres Reba McEntire.
Kelly het die goeie nuus ook met haar meer as 2,4 miljoen volgers op Twitter gedeel.

Ná verskeie vrae oor hoe die ring lyk, het Clarkson 'n
skakel gepubliseer na 'n webwerf waar die ring gesien kan word. Haar kêrel het gehelp om die ring te ontwerp en die sangeres het gesê sy "kan nie wag om Brandon se ring te maak nie".
– Volg Nuus24 op
Twitter
- Reuters