Katy Perry se man uit Japan gedeporteer
2011-05-23 18:20
Tokio - Die Britse komediant Russel Brand is uit Japan gedeporteer toe hy sy vrou, die popsangeres Katy Perry, tydens haar wêreldtoer besoek het.
“My man is gedeporteer. Ek is verpletter. Ek het hom al die pad hierheen gebring om hom my gunstelingplek te wys,” het Perry Saterdag getweet.
Blykbaar is Brand weens vorige oortredings gevra om die land te verlaat. “Dit was oor vorige oortredings 10 jaar gelede,” het sy vrou getweet.
Brand het self ook baie oor sy ondervinding te sê gehad.
“Ek beplan my ontsnapping van die Japanse owerhede. Dit is bitter moeilik om ‘n tonnel met ‘n eetstokkie te grawe,” het hy grappig getweet en ‘n foto aangeheg.
Sy vrou het speels Twitter-gebruikers gevra om “#FREE@RUSTYROCKETS!” te tweet sodat haar man losgelaat kan word.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.