Kate-aanhangers ‘hang’ by paleis rond
2011-01-20 15:19
Londen – Noem dit ‘n koninklike kunsprojek.
Met slegs 'n 100 dae om te gaan voor die koninklike troue, het 13 jong meisies besluit om die geleentheid te vier deur soos Kate Middleton aan te trek en buite die hekke van Buckingham Paleis bymekaar te kom.
Die onverwagte aankoms van die Kate-aanhangers met identiese kopieë van die donkerblou uitrusting wat Middleton gedra het toe haar verlowing aan prins William bekendgemaak is, het toeriste bietjie onkant gevang.
Die groep dames se Kate-voorkoms het selfs nagemaakte replikas van haar diamant en saffier verlowingsring ingesluit.
Die vroue is studente by die Royal College of Art in Londen.
Alhoewel die studente die aandag gekry het wat hulle wou gehad het, het Middleton steeds die prins.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AP